Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarlvallei Botteleringsmpy

Paarlvallei Botteleringsmpy
 
2006-11-15


Paarlvallei Botteleringsmpy.
Paarl Valley Bottling Co.

Die volgende vakatures bestaan by ons aanleg wat net buite Wellington geleë is:-

SEKRETARESSE

Die persoon sal verantwoordelik wees vir sekretariële dienste, hoofsaaklik aan die besturende direkteur, maar ook aan ander senior bestuurders.

Die sleutelverantwoordelikhede van die pos sentreer rondom:
- Opstel en verwerking van verslae.
- Hou van notules.
- Dagboek bestuur.
- Hantering van korrespondensie.
- Liassering.
- Reël van funksies.
- Skakeling met interne en eksterne rolspelers

Om vir die pos in aanmerking te kom, moet die aansoeker aan die volgende vereistes voldoen:

- Erkende toepaslike kwalifikasie of ondervinding.
- Onafhanklik kan werk.
- Baie goeie rekenaarvaardighede in Microsoft pakkette.
- Goed kan organiseer.
- Goeie menseverhoudinge kan handhaaf.
- Goed kan kommunikeer in Engels en Afrikaans.

Die geskikte kandidaat sal vanaf 1 Februarie 2007 aangestel word.

BOTTELERINGSLYN VOORMAN/TEGNIKUS

Die persoon sal verantwoordelikheid neem vir die effektiewe funksionering van 'n botteleringslyn.

Die sleutelverantwoordelikhede van die pos sentreer rondom:
- Monitor van produksieprosesse.
- Opstel van produksielyn.
- Kwaliteitsbeheer.
- Higiëne en veiligheid in die werkplek.
- Toesighouding.
- Sterilisasie.
- Instandhouding.
- Administrasie.

Om vir die pos in aanmerking te kom, moet die aansoeker aan die volgende vereistes voldoen:
- Matriek met verkieslik tegniese vakke.
- 'n Erkende ambag sal die aansoek ondersteun
- Onder druk kan werk
- Baie goed verbaal en skriftelik kan kommunikeer.
- Uitstekende interpersoonlike vaardighede.
- Ten minste 3 jaar ervaring in 'n toesighoudende hoedanigheid.

MASJIEN-OPERATEUR

Die persoon sal verantwoordelikheid neem vir die effektiewe funksionering van botteleringmasjinerie

Die sleutelverantwoordelikhede van die pos sentreer rondom:
- Die bedryf van botteleringmasjinerie.
- Die oorskakeling van botteleringmasjinerie.
- Effektiewe hantering van droë voorraad op die lyn.
- Instandhouding van botteleringmasjinerie.
- Verseker kwaliteit en netheid van produkte.
- Higiëne en veiligheid in die werkplek.

Om vir die pos in aanmerking te kom, moet die aansoeker aan die volgende vereistes voldoen:
- Matriek met verkieslik tegniese vakke.
- Ten minste twee jaar relevante ondervinding.

KELDER-KONTROLEUR

Die persoon sal verantwoordelikheid neem vir die effektiewe ontvangs, stoor en bereiding van stortmaatwyn.

Die sleutelverantwoordelikhede van die pos sentreer rondom:
- Die uitvoer van stabilisasie- en filtrasieprosesse.
- Onderhou van kwaliteit stelsel in kelder.
- Verantwoordelik vir die ontvangs van wyn.
- Monsterneming en interpretasie van analises.
- Aanpassings maak aan die hand van analises.
- Kelderhigiëne.

Om vir die pos in aanmerking te kom, moet die aansoeker aan die volgende vereistes voldoen:
- Matriek.
- Ten minste twee jaar relevante ondervinding.
- 'n Relevante naskoolse kwalifikasie sal u aansoek ondersteun.

Die volgende sal alle aansoeke verder ondersteun:
- Ondervinding in die bottelering- of soortgelyke bedryf.
- Kennis van wyn en verwante produkte
- Kennis van kwaliteit stelsels.

Indien u belang stel en aan bogenoemde vereistes voldoen, dan sal ons baie graag van u wil hoor. Faks u aansoek na 08661 88355 voor of op 30 November 2006 of e-pos na malanc@pvbm.co.za.

Indien u nie binne drie weke na die sluitingsdatum van ons verneem het nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.







More News
  • Administratiewe Pos
  • WAITERS
  • Meat Processing Expert / Block Man
  • Senior boekhouer
  • REGISTERED PROFESSIONAL OR STAFF NURSE
  • Occupational Therapist
  • De Oude Renbaan - Paarl
  • ADMINDAME-POSISIE
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za