Rekeningkundige Klerk
2006-11-29
Ocean Agri Science
Ocean Agri Science, 'n vooruitstrewende kunsmismaatskappy in die Klapmuts-omgewing, benodig die dienste van 'n Administratiewe/ Rekeningkundige Klerk
wat sekere admin. take moet verrig waaronder die volgende:
- tydige invoer van transaksies - tydige voorbereiding t.o.v. betalings - bystand t.o.v. alle rekeningkundige pligte soos van toepassing - koördinering van alle relevante inligting soos dokumentasie - hantering van navrae en skakeling met buite-instansies soos benodig
Die volgende vereistes is van toepassing:
- deeglike ondervinding van Pastel, Impact, MS Word en Excel - data-prosessering en uitskryf van voorraaddokumentasie - goeie tydsbestuur - goeie tweetalige kommunikasievaardighede - goeie interaksievaardighede
Die vergoeding is markgerig. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
E-pos alle CV's na yvonne@oceanagri.co.za Sluitingsdatum: 7 Desember 2006
More
News
|