Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


VERSLAGGEWER

VERSLAGGEWER
 
2007-01-17


PAARL POST

VERSLAGGEWER

Die Paarl Post, een van die toonaangewende gemeenskapskoerante en gereelde wenner van die Cronwright Trofee
vir Beste Gemeenskapskoerant in Suid-Afrika, het ’n vakature vir ’n dinamiese en energieke tweetalige joernalis.

Die persoon in hierdie pos is verantwoordelik vir:
* Die insamel van nuus en akkurate inligting oor gebeure in die groter Drakenstein-area
* Die skryf van gebalanseerde nuusberigte en artikels oor plaaslike gebeure in Engels en Afrikaans
* Die neem van foto’s
* Die bou van ’n netwerk van kontakte in die gemeenskap van Drakenstein deur goeie menseverhoudings.

Die ideale kandidaat is iemand met minstens drie jaar ondervinding in joernalistiek of ’n relevante tersiêre kwalifikasie.

Die persoon moet die vermoë hê om onafhanklik te werk, asook in ’n span, onder voortdurende spertyddruk en soms ongereelde ure.
Die persoon moet beskik oor goeie taal-, rekenaar- en kameravaardighede, rybewys en eie vervoer.

’n Belangstelling in sport en fotografie sal dien as aanbeveling.
In ruil vir die suksesvolle kandidaat se dienste bied die maatskappy ’n markverwante vergoedingspakket wat lidmaatskap van die aftreefonds en mediese fonds insluit.

Stuur jou CV aan die Redakteur by faks (021) 872-9280 of e-pos edit@paarlpost.co.za voor 26 Januarie.
Slegs kandidate op die kortlys sal gekontak word.




More News
  • Administratiewe Pos
  • WAITERS
  • Meat Processing Expert / Block Man
  • Senior boekhouer
  • REGISTERED PROFESSIONAL OR STAFF NURSE
  • Occupational Therapist
  • De Oude Renbaan - Paarl
  • ADMINDAME-POSISIE
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za