Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


BEMARKER/ TEGNIESE BYSTAND

BEMARKER/ TEGNIESE BYSTAND
 
2007-02-07


BEMARKER/ TEGNIESE BYSTAND

'n Jong, dinamiese span, betrokke by die wyn-industrie het 'n vakante betrekking vir 'n bemarker/ tegniese persoon.

Die kandidaat moet in besit wees van 'n matriek- sertifikaat, tersiêre studies in bemarking en/of tegniese rigtings. Ervaring in een of meer van dié rigtings sal in sy/haar guns tel. 'n Kode 08 bestuurslisensie is 'n vereiste.

Die suksesvolle kandidaat sal bemarking van verskeie produkte van die maatskappy behartig asook tegniese bystand verleen as na-verkoopdiens.

Die kandidaat moet met produksie-masjiene in 'n fabriek kan werk, in stand kan hou en kan hersien, voorraad beheer en opnames doen, administratiewe take verrig en soms aflewerings behartig.

Dis belangrik om goed te kan funksioneer in 'n span en onder druk. Betroubaarheid en sorgvuldigheid word hoog op prys gestel.

'n Mededingende, markverwante vergoedingspakket word aangebied.
Stuur CV's aan Posbus 7140, Stellenbosch, 7599 of faks dit aan 021-905-4981

Sluitingsdatum vir aansoeke vir hierdie posisie is 16 Februarie 2007. U sal telefonies in kennis gestel word indien u sou kwalifiseer vir onderhoude.



More News
  • Administratiewe Pos
  • WAITERS
  • Meat Processing Expert / Block Man
  • Senior boekhouer
  • REGISTERED PROFESSIONAL OR STAFF NURSE
  • Occupational Therapist
  • De Oude Renbaan - Paarl
  • ADMINDAME-POSISIE
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za