Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hoofbestuurder: Finansies

Hoofbestuurder: Finansies
 
2007-02-07


PAARLWEB

Paarl Web is 'n dinamiese drukkersonderneming wat spesialiseer in die reproduksie, druk en afwerking van hoë gehalte tydskrifte, brosjures en algemene drukwerk.

Ons soek tans na 'n toepaslik gekwalifiseerde persoon met soortgelyke opleiding en ervaring om die uitdagende rol van Hoofbestuurder: Finansies te aanvaar.

Hoofbestuurder: Finansies Paarl

Die Finansiële Bestuurder wat aan die Besturende Direkteur rapporteer is verantwoordelik vir die totale finansiële bestuur van die maatskappy.
Dit sluit onder meer die interpretasie en voorlegging van finansiële state, beheer oor bestuursinligting en deelname in die samestelling van die strategiese visie van die maatskappy in.

'n Sterk fokus word geplaas op operasionele aangeleenthede tov prestasiemeting van produksieprosesse, voorraadbeheer sowel as die bestuur en motivering van personeel.

Die suksesvolle kandidaat sal onder andere verantwoordelik wees vir die bestuur en toesighouding van die finansiële afdeling, kosteberekening en die verhaling van produksiekoste, voorraadbeheer, inligtingstegnologie, Bestuursinligtingstelsels, buitelandse valuta, interne kontroles en nakoming van SOX vereistes, die koördinering en samestelling van die jaarlikse begroting in samewerking met alle afdelings, sowel as skakeling met ouditeure en die bestuur van die ouditproses.

Ons is op soek na 'n ervare en gekwalifiseerde finansiële rekenmeester met uitsonderlike besigheids- en kommunikasievaardighede. Die ideale kandidaat sal oor kommersiële ervaring in 'n soortgelyke posisie in 'n groot vervaardigingsonderneming beskik. Die pos vereis 'n energieke, self gemotiveerde individu wat entrepreneuries ingestel is en oor laterale denke en probleemoplossingsvermoë beskik.

In ruil vir die suksesvolle kandidaat se dienste, bied die maatskappy 'n mededingende en buigsame vergoedingspakket. Voorkeur sal, in terme van die groep se diensbillik-heidsbeleid, aan individue vanuit voorheen benadeelde groeperings verleen word.

Ons nuwe werwingsprosedure verlang dat alle aansoekers hul CV's op ons webblad moet registreer voordat dit in aanmerking geneem kan word. Indien u aan bogenoemde vereistes voldoen en bereid is om 'n nuwe uitdaging in 'n dinamiese drukkerygroep te aanvaar, moet u die Paarl Media webblad by www.paarlmedia.co.za besoek en op die loopbane skakel klik om vinnig en maklik te registreer.
Sluitingsdatum: 12 Februarie 2007






More News
  • Administratiewe Pos
  • WAITERS
  • Meat Processing Expert / Block Man
  • Senior boekhouer
  • REGISTERED PROFESSIONAL OR STAFF NURSE
  • Occupational Therapist
  • De Oude Renbaan - Paarl
  • ADMINDAME-POSISIE
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za