Rekeningkundige Klerk
2007-02-07
PAARL POST
Paarl Post is 'n dinamiese drukkersonderneming wat spesialiseer in die druk van hoë gehalte gemeenskapskoerante en soortgelyke kommersiële drukwerk.
Rekeningkundige Klerk
Ons is tans op soek na 'n toepaslik-gekwalifiseerde persoon met soortgelyke opleiding en ondervinding om die pos as Rekeningkundige Klerk te aanvaar. Die posisie vorm deel van die administrasie/finansiële funksie van die maatskappy.
Die verantwoordelikhede van die pos sluit die volgende in: 1) Volle kasboekfunksie. 2) Instandhouding van die bateregister. 3) Joernale genereer en pos op finansiële stelsel. 4) BTW berekeninge en voltooiing van elektroniese opgawes. 5) Administrasie en kontrole rondom invoere. 6) Rekonsiliasies 7) Ad hoc take in die administrasie/finansiële veld.
Vereistes vir die pos: 1) Matrieksertifikaat met wiskunde en rekeningkunde as vak, en toepaslike ondervinding. 2) Tersiêre opleiding in 'n finansiële rigting sal as aanbeveling dien. 3) Rekenaarvaardigheid ten opsigte van Windows, Excel en Pastel sal as aanbeveling dien. 4) Sterk kommunikasievaardighede. 5) Goeie interpersoonlike vaardighede, akkurate syfersin en die vermoë om onder druk te werk.
In ruil vir die suksesvolle kandidaat se dienste, bied die maatskappy 'n mededingende totale koste-tot-maatskappy vergoedingspakket aan, wat bydrae tot 'n pensioen- en mediese fonds insluit. Voorkeur sal gegee word aan persone in die aangewese groep, ooreenkomstig die diensbillikheidsriglyn van die maatskappy.
Indien u aan bogenoemde vereistes voldoen, en bereid is om 'n nuwe uitdaging in 'n dinamiese drukkerygroep te aanvaar, kan u 'n volledige CV rig aan Johan Louw by faks: 021-872-6889 of e-pos: jlouw@paarlpost.co.za. Indien u nie binne 2 weke na die sluitingsdatum gekontak word nie, beskou asseblief u aansoek as onsuksesvol. Sluitingsdatum: 16 Februarie 2007
More
News
|