Bestuurder - (Kontrakaanstelling)
2007-02-07
Betrekkings - Paarl Haven Skuiling
Pos 1: Bestuurder - (Kontrakaanstelling) Prestasie-klousule
Vereistes: Toepaslike graad/diploma en ervaring in Maatskaplike Werk, Vaar-digheid in Menslike Hulpbronne Bestuur, Finansiële Bestuur en Projekbestuur.
Kommunikasievaardigheid in twee van die amptelike tale van die Wes-Kaap.
Uitstekende interpersoonlike en leierskapvaardigheid.
Rekenaarvaardig. Geldige rybewys.
Kennis en ervaring van mense en gemeenskapsinrigtings in ‘n Welsyn-omgewing.
Pligte: Oorhoofs verantwoordelik vir alle aspekte van die bestuur van skuiling. Veral die Sosio-maatskaplike funksionering. Skep van bewusmakingstrategieë. Fondsinsameling Projekte inisieer Salaris: R72 000 per jaar
Pos 2: Voertuigbestuurder (voltyds) Vereistes: Geldige bestuurderslisensie Publieke voertuiglisensie Sober gewoontes Pligte: Daagliks “ pick-ups” doen Vervoer van kliënte en voorrade Ad hoc pligte soos vereis Salaris onderhandelbaar
Pos verkorte CV na: Die Voorsitter, Paarl Nagskuiling, Posbus 9119, Huguenot, 7645 Aanvangsdatum 1 Maart of so spoedig moontlik daarna. Geen laat aansoeke of fakse sal aanvaar word nie.
More
News
|