Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


PAARL POST

PAARL POST
 
2007-02-14


PAARL POST

Paarl Post gemeenskapskoerant vir Paarl, Wellington en Franschhoek benodig tans die dienste van'n dinamiese en gemotiveerde verkoopsverteenwoordiger wat hul weeklikse advertensiebrosjure, Home-Ads & maandelikse Mbekweni Ads se advertensiespasie kan bemark.

Verkoopsverteenwoordiger

Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir:
• Die inisiëring en daarstelling van advertensies in samewerking met die Advertensiebestuurder.
• Die stimulering van die mark deur inisiatief en laterale denke aan die dag te lę om nuwe geleenthede en inkomstebronne te identifiseer en te ontwikkel ten einde kliënte se advertensiebehoeftes te bevredig.
• Die behaling en oorskryding van begrote omsetdoelwitte.
• Op te tree as skakel vir klante in die ontwerp, opstel en plasing van advertensies.

Die ideale kandidaat word beskou as 'n persoon met uitmuntende verkoopsvaardighede wat met selfvertroue kan funksioneer in spanverband in 'n kompeterende markomgewing. Voorts moet die suksesvolle kandidaat oor goeie kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede beskik en volkome Afrikaans en Engels magtig wees. Die geskikte kandidaat moet oor 'n geldige bestuurslisensie en 'n eie motor beskik.

Die maatskappy bied die suksesvolle kandidaat die geleentheid om sy/haar eie inkomste te bepaal, met toegang tot die maatskappy se aftree- en siekefonds.

Voorkeur sal gegee word aan persone in die aangewese groep ooreenkomstig die diensbillikheidsriglyn van die maatskappy.Indien ons u nie binne twee weke na die sluitingsdatum gekontak het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was.

Indien u aan bogenoemde vereistes voldoen en bereid is om 'n nuwe uitdaging by 'n gevestigde gemeenskapskoerant te aanvaar, kan u 'n verkorte CV rig aan die Advertensiebestuurder by faks 021-872-9280 of e-pos na ads@paarlpost.co.za
SLUITINGSDATUM: 16 Februarie 2007.




More News
  • Administratiewe Pos
  • WAITERS
  • Meat Processing Expert / Block Man
  • Senior boekhouer
  • REGISTERED PROFESSIONAL OR STAFF NURSE
  • Occupational Therapist
  • De Oude Renbaan - Paarl
  • ADMINDAME-POSISIE
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za