Administratiewe / Rekeningkundige Klerk
2007-02-21
Beveratech
Administratiewe / Rekeningkundige Klerk
Ons is tans op soek na 'n toepaslik-gekwalifiseerde persoon met soortgelyke opleiding en ondervinding om die pos as Administratiewe/Rekeningkundige Klerk te aanvaar.
Vereistes vir die pos:
1. Tersiêre opleiding in 'n finansiële rigting sal as ‘n vereiste dien. 2. Rekenaarvaardigheid ten opsigte van Windows, Excel en Pastel sal as ‘n vereiste dien. 3. Sterk kommunikasievaardighede. 4. Goeie interpersoonlike vaardighede, akkurate syfersin en die vermoë om onder druk te werk.
In ruil vir die suksesvolle kandidaat se dienste, bied die maatskappy 'n mededingende vergoedingspakket. Indien u aan bogenoemde vereistes voldoen, kan u 'n volledige CV faks na 021-868-1768 of e-pos: kobus@beveratech.co.za.
Indien u nie binne 2 weke na die sluitingsdatum gekontak word nie, beskou asseblief u aansoek as onsuksesvol. Sluitingsdatum: 28 Februarie 2007
More
News
|