Paarlberg BMW Verkoopskonsultant
2005-05-12
Paarlberg BMW - Verkoopskonsultant
Paarlberg BMW is ‘n gevestigde, vooraanstaande motorhandelaar, geleë in die hart van die Boland, 50km vanaf Kaapstad.
Ons benodig die dienste van tweetalige persone met die nodige ondervinding/ kwalifikasies, om bogenoemde pos te vul . Die ideale kandidaat moet - ‘n motorentoesias wees - ten minste 3 jaar ondervinding van motor-verkope - huidiglik die pos van motorverkoopskonsultant beklee - goeie menseverhoudinge handhaaf - oor goeie besigheidsvaardighede beskik - kliëntediens-georiënteerd wees - ‘n kode 08-bestuurslisensie besit
Ons bied ‘n mededingende salarispakket, met al die byvoordele van ‘n gevestigde maatskappy, en loopbaangeleenthede. Ons is ‘n gelyke geleenthede maatskappy. As u hierdie persoon is, en wil inskakel by ‘n dinamiese organisasie, rig u aansoek aan:
Die Verkoopsbestuurder Paarlberg BMW, Posbus 63, Hoofstraat, PAARL, 7622 E-Pos: mark.willemse@bmwdealer.co.za Faks: (021) 871-1782
GEEN TELEFONIESE NAVRAE/ AANSOEKE SAL AANVAAR WORD NIE.
Sluitingsdatum: 18 Mei 2005
More
News
|