Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Joernalis

Joernalis
 
2007-03-21


PAARL POST

Die Paarl Post, een van die toonaangewende gemeenskapskoerante en gereelde wenner van die Cronwright Trofee vir Beste Gemeenskapskoerant in Suid-Afrika, het ’n vakature vir ’n dinamiese, energieke en tweetalige joernalis.

Joernalis

Die persoon in hierdie pos is verantwoordelik vir:
• Die insamel van nuus en akkurate inligting oor gebeure in die groter Drakenstein-area;
• Die skryf van gebalanseerde nuusberigte en artikels oor plaaslike gebeure in Engels en Afrikaans;
• Die neem van foto’s;
• Die bou van ’n netwerk van kontakte in die gemeenskap van Drakenstein deur goeie menseverhoudings.

Die ideale kandidaat is iemand met minstens drie jaar ondervinding in joernalistiek of ’n relevante tersiêre kwalifikasie.
Die persoon moet die vermoë hê om onafhanklik te werk, asook in ’n span, onder voortdurende spertyddruk en soms ongereelde ure.
Die persoon moet beskik oor goeie taal-, rekenaar- en kameravaardighede, ‘n rybewys en eie vervoer.

’n Belangstelling in munisipale sake sal as aanbeveling dien.
In ruil vir die suksesvolle kandidaat se dienste, bied die maatskappy 'n mededingende totale koste vergoedingspakket, wat maatskappyvoordele insluit.

Voorkeur sal gegee word aan persone in die aangewese groep ooreenkomstig die diensbillikheidsriglyn van die maatskappy. Indien ons u nie binne twee weke na die sluitingsdatum gekontak het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was.

Indien u aan bogenoemde vereistes voldoen en bereid is om 'n nuwe uitdaging by 'n gevestigde gemeenskapskoerant te aanvaar, kan u 'n volledige CV rig aan die Redakteur by faks 021-872-9280 of e-pos edit@paarlpost.co.za.

Sluitingsdatum: 30 Maart 2007







More News
  • Administratiewe Pos
  • WAITERS
  • Meat Processing Expert / Block Man
  • Senior boekhouer
  • REGISTERED PROFESSIONAL OR STAFF NURSE
  • Occupational Therapist
  • De Oude Renbaan - Paarl
  • ADMINDAME-POSISIE
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za