Kwaliteit- en Produkontwikkelingsbeampte
2007-04-03
PAARL PRINT LABELS
Paarl Print Labels is 'n gespesialiseerde etiketdrukkery in die Paarl Media Groep. 'n Geleentheid bestaan tans vir 'n gekwalifiseerde Fleksografiese drukker om by die produksiespan aan te sluit.
Kwaliteit- en Produkontwikkelingsbeampte Paarl
Ons wil graag 'n Kwaliteit- en Produkontwikkelingsbeampte aanstel, wat na voltooiing van Graad 12, 'n vakleerlingskap in "Rotary Printing and Re-reeling - Flexography" suksesvol voltooi het en ongeveer een tot drie jaar ondervinding as 'n Fleksografiese drukker het.
Die persoon wat aan die Drukkery-bestuurder rapporteer, sal verantwoordelik wees vir die beplanning, koördinering en uitvoering van die kwaliteitskontrolerings-program wat ontwerp is om te verseker dat produksie aan kwaliteitstandaarde voldoen.
Vir 'n meer omvattende beskrywing van die pos se verant-woordelikhede en vereistes, word u versoek om die maatskappy se webblad by www.paarlmedia.co.za te besoek en die loopbane skakel te volg tot by die spesifiek geadverteerde pos.
Ons nuwe werwingsprosedure verlang dat alle aansoekers hul CV's op ons webblad moet registreer voordat dit in aanmerking geneem kan word. Indien u aan bogenoemde vereistes voldoen en bereid is om 'n nuwe uitdaging in 'n dinamiese drukkerygroep te aanvaar, moet u die Paarl Media webblad by www.paarlmedia.co.za besoek en op die loopbane skakel klik om vinnig en maklik te registreer. Sluitingsdatum: 13 April 2007.
More
News
|