Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Administratiewe Assistent

Administratiewe Assistent
 
2007-04-11


PAARL MEDIA

Paarl Media Beherend (Edms) Beperk, 'n tegnologies gevorderde en hoogs gediversifiseerde groep in die drukkersindustrie, bied deur middel van sy drie drukkery-aanlegte, 'n omvattende reeks van produkte en dienste insluitend 'n breë spektrum van tydskrifte, kommersiële advertensiebrosjures en pamflette, boeke, Bybels, dagboeke en etikette. 'n Verskeidenheid van druktoerusting en prosesse word aangewend.

Administratiewe Assistent
(Paarl)

Ons soek tans na 'n Administratiewe Assistent wie aan die Kantoorbestuurder sal rapporteer en wie vir die koördinering en verspreiding van finansiële verslae, die beplanning en koördinering van Groep Bestuursvergaderings, die voorbereiding van PowerPoint gebaseerde voorleggings, algemene maatskappy sekretariële take sowel as die bestuur van kontrakte verant-woordelik sal wees. Die suksesvolle posbekleër sal verder verantwoordelik wees vir plaaslike en internasionale reisreëlings van senior bestuur, sowel as die reël van besigheidsfunksies.

Die suksesvolle kandidaat sal verkieslik oor 'n sekretariële diploma en of drie jaar toepaslike werkservaring beskik. Die pos verlang 'n persoon met uitstekende numeriese vaardighede, wie rekenaargeletterd in die toepaslike Microsoft Office programmatuur is en wie oor besondere interpersoonlike vaardighede beskik. Die aard van die pos vereis 'n persoon wie onafhanklik kan werk en wat in staat is om 'n veelvoud van take onder druk te kan verrig.
In ruil vir die suksesvolle kandidaat se dienste, bied die maatskappy 'n mededingende totale koste vergoedingspakket wat groot maatskappy- voordele insluit. Voorkeur sal, in terme van die groep se diensbillik-heidsbeleid, aan individue vanuit voorheen benadeelde groeperings verleen word.

Ons nuwe werwingsprosedure verlang dat alle aansoekers hul CV's op ons webblad moet registreer voordat dit in aanmerking geneem kan word. Indien u aan bogenoemde vereistes voldoen en bereid is om 'n nuwe uitdaging in 'n dinamiese drukkerygroep te aanvaar, moet u die Paarl Media webblad by www.paarlmedia.co.za besoek en op die loopbane skakel klik om vinnig en maklik te registreer.

Sluitingsdatum: 20 April 2007





More News
  • Administratiewe Pos
  • WAITERS
  • Meat Processing Expert / Block Man
  • Senior boekhouer
  • REGISTERED PROFESSIONAL OR STAFF NURSE
  • Occupational Therapist
  • De Oude Renbaan - Paarl
  • ADMINDAME-POSISIE
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za