DEBITEURE-KLERK
2007-05-10
Paarlvallei Botteleringsmpy. Paarl Valley Bottling Co.
Die volgende vakatures bestaan by Paarlvallei Bottelering se aanleg wat net buite Wellington geleë is:-
DEBITEURE-KLERK
Die persoon sal verantwoordelik wees vir die effektiewe fakturering van produksies en debiteure- administrasie.
Die sleutelverantwoordelikhede van die pos sentreer rondom: - Kleinkas-administrasie - Fakturering van produksies - Debiteure-administrasie en rekonsiliasies - Ad Hoc take
Om vir die pos in aanmerking te kom, moet die aansoeker aan die volgende vereistes voldoen:
- Graad 12 met wiskunde en rekeningkunde - Bogemiddelde rekenaarvaardighede - Baie goed verbaal en skriftelik kan kommunikeer - Goed in spanverband kan saamwerk - Onder druk kan werk - Akkuraat wees met detail ingesteldheid
Die volgende sal die aansoek verder ondersteun:
- Enige relevante naskoolse kwalifikasie - Kennis en ondervinding van 'n wyn- en ander verwante produkte omgewing. - Kennis van Ezy Wine rekenaarstelsel - Kennis van ISO 9001 kwaliteitstelsel
Indien u aan bogenoemde voldoen, sal ons baie graag van u wil hoor.
Faks u aansoek na 0866-188-595 vir aandag Cheryl van Schalkwyk voor of op 18 Mei 2007 of e-pos na schalkwykc@pvbm.co.za Indien u nie binne twee weke na die sluitingsdatum van ons verneem het nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
More
News
|