LABORATORIUM-ANALIS
2007-05-10
SIMONSVLEI
LABORATORIUM-ANALIS
Simonsvlei Internasionaal, geleë in die Paarl Wynvallei, benodig 'n ervare Laboratorium-analis. Aansoekers moet sterk interpersoonlike en goeie menseverhoudinge hê en ten minste 2 jaar ervaring in Laboratorium-analise hê. Kennis van die wynbedryf sal in die aansoeker se guns tel.
Verantwoordelikhede behels onder andere: daaglikse analises op wynprodukte, kalibrasies op instrumentasie, die trek van monsters in die kelder, sowel as roetine skoonmaak van die laboratorium.
Die kandidaat sal direk aan die Laboratoriumbestuurder rapporteer. Die salaris is mededingend in ooreenstemming met die aansoekers se ervaring en word deur 'n volledige reeks byvoordele, eie aan 'n groot gevestigde onderneming aangevul.
Indien u belang stel, rig 'n gedetailleerde CV voor 16 Mei 2007 aan Die Hoof: Kwaliteitsdienste, Posbus 584, Suider-Paarl, 7624.
Skakel 021-863-3040 vir nadere inligting. Faks: 086 634 6549. Indien u twee weke na sluitingsdatum geen terugvoering ontvang het nie, moet u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
More
News
|