KREDITEURE/VOORRAAD KLERK
2007-05-17
PROFILE FEEDS Weens voortgesette positiewe groei, beskik ons tans oor 'n vakature vir die pos van KREDITEURE/VOORRAAD KLERK in die Klapmuts-omgewing Die suksesvolle kandidaat moet oor die volgende minimum vereistes beskik:
1. Ten minste graad 12 asook naskoolse kwalifikasie in relevante rigting.
2. Ten minste 3 tot 5 jaar Toepaslike ervaring.
3. Beskik oor uitstaande Excel -, asook Pastel-kennis, en praktiese ervaring.
4. Moet beskik oor bogemiddelde kommunikasie- vaardighede.
5. Moet onder groot druk kan werk en eie inisiatief kan gebruik.
6. Moet akkuraat en sistematies kan werk.
7. Moet ten volle tweetalig wees (Afrikaans en Engels).
8. Moet in spanverband kan saamwerk.
9. Moet oor eie vervoer beskik.
10. Moet kontakbare verwysings hê.
(Hierdie is nie ‘n Junior Pos nie)
Kennis en ervaring van die Veevoer-bedryf, sal as aanbeveling dien, maar is NIE 'n vereiste.
Indien u aan bogenoemde vereistes voldoen, kan u 'n verkorte CV faks aan die Personeelbestuurder by:
021-875-5261 of skakel Perry Levin by 021-875 5890 vir enige verdere navrae.
Sluitingsdatum: 1 Junie 2007 (Indien u nie reaksie kry voor 15 Junie 2007, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was).
More
News
|