ONDERDELE-kLERK
2007-05-24
KAAP AGRI het ten doel om welvaart vir al sy belanghebbers te skep. KAAP AGRI het tot stand gekom met die samesmelting van Boland Agri en WPK Landbou, waarna die Namakwalandse Landboukoöperasie onlangs tot die Groep toegetree het. Ons gebied sluit 122 bedieningspunte in wat strek oor 49 dorpe in die Wes-Kaap, Noord-Kaap en Benede-Oranjerivier- gebied. Ons bedrywighede word hoofsaaklik toegespits op kleinhandel (Agrimarkte), pakmateriaal, meganisasie, produkhantering, graansilos, versekering, finansiering en ondersteuningsdienste. Die volgende vakature is tans by ons Meganisasie-afdeling te Paarl beskikbaar: ONDERDELE-KLERK Aansoekers vir hierdie pos moet verkieslik oor 'n tegniese skoolkwalifikasie beskik en aan die volgende vereistes voldoen • ten minste 5 jaar bewese ondervinding in onderdele-verkope • deeglike kennis van veral trekker-, stroper-, baler- en spuitpomponderdele • 'n sterk bemarkingsoriëntasie • bogemiddelde kommunikasievaardighede •toesighouersvaardighede • vertroudheid met onderdele-rekenaarstelsels. In ruil vir u bydrae tot Kaap Agri se groei, bied ons 'n mededingende vergoedingspakket met byvoordele. Belangstellendes kan met René Boshoff by ons Hoofkantoor in Malmesbury skakel by 022-482-8102 vir meer besonderhede en 'n aansoekvorm. Aansoeke kan gerig word via faks 086 636 7314 of e-pos rene.boshoff@kaapagri.co.za Sluitingsdatum: Vrydag 1 Junie 2007
More
News
|