Maatskaplike Werkers (2 Poste)
2007-06-07
ANDREW MURRAY KINDERHUIS Wellington
Maatskaplike Werkers (2 Poste)
Vakatures bestaan vir maatskaplike werkers wat bereid is om die volledige en gesonde ontwikkeling van die kind op fisiese, geestelike, akademiese, skolastiese en psigiese wyse te bevorder.
MINIMUM KWALIFIKASIE: BA/B Diac-Graad of diploma in Maatskaplike Werk, registrasie by SACSSP en geldige rybewys.
Onlangse ondervinding van werk met en assessering van sorgbehoewende en/of gedragsmoeilike kinders, sowel as rekenaarvaardigheid sal as aanbeveling dien.
Die aangewese kandidaat sal aan die programbestuurder rapporteer en vir die volgende verantwoordelik wees: • Funksionering en samewerking binne multi-terapeutiese span • Assessering van kinders, asook die opstel en bestuur van ontwikkelingsplanne. • Individuele sessies sowel as groepsessies met kinders • Deelname aan gemeenskapswerkprojekte • Skakeling met bestuur, ouers, vakansievriende, skole, gemeenskap en ander vakkundiges • Formulering van besigheidsplan • Bestuurs- en administratiewe take • Verkieslik woonagtig in Wellington-omgewing
DIENSVOORDELE: Salaris, medies, pensioen, WVF, bonus, verlof (tydens skoolvakansies)
Stuur u aansoek met verwagte salaris, CV, afskrif van ID en ‘n onlangse getuigskrif per faks of e-pos. Aansoeke sluit Vrydag 22 Junie 2007. Die suksesvolle kandidaat sal binne 14 dae na sluiting in kennis gestel word.
DIENSAANVAARING: 1 Julie of 1 Augustus 2007 onderhandelbaar. Aandag: Die Hoof Andrew Murray Kinderhuis Posbus 129, Wellington, 7654 Tel: 021-873-3834/873-3835 • Faks: 021-873-5265 E-pos: hamurray@absamail.co.za Web: www.hamurray.com Blouvleiweg, Posbus 129, WELLINGTON, 7654
More
News
|