Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


ONTVANGSDAME/TELEFONISTE

ONTVANGSDAME/TELEFONISTE
 
2007-06-07


Paarlvallei Botteleringsmpy.
Paarl Valley Bottling Co.

Die volgende vakatures bestaan by Paarlvallei Bottelering se aanleg wat net buite Wellington geleë is:-
ONTVANGSDAME/TELEFONISTE

Die persoon sal verantwoordelik wees vir die effektiewe bedryf en funksionering van die ontvangsarea.

Die sleutelverantwoordelikhede van die pos sentreer rondom:
- effektiewe bedryf van die skakelbord
- ontvangs en verwysing van kliënte, besoekers en ander persone
- verwerking van tydstate
- algemene administrasie

Om vir die pos in aanmerking te kom, moet die aansoeker aan die volgende vereistes voldoen:
- Graad 12 of ‘n ekwivalente kwalifikasie
- Bogemiddelde rekenaarvaardighede
- Baie goed verbaal en skriftelik kan kommunikeer
- Goed in spanverband kan saamwerk
- Onder druk kan werk
- Vriendelik en innemend wees

Die volgende sal die aansoek ondersteun:
- Enige relevante naskoolse kwalifikasie
- Kennis en ondervinding van ‘n skakelbord
- Syfervakke tot op graad 12 vlak
- Kennis van Ezy Wine rekenaarstelsel
- Kennis van VIP salarisprogram
- Kennis van ISO 9001 kwaliteitstelsel

Indien u aan bogenoemde voldoen, sal ons baie graag van u wil hoor. Faks u aansoek na 0866-188-595 vir aandag Cheryl van Schalkwyk voor 15 Junie 2007 of e-pos na schalkwykc@pvbm.co.za

Indien u nie binne twee weke na die sluitingsdatum van ons verneem nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.









More News
  • Administratiewe Pos
  • WAITERS
  • Meat Processing Expert / Block Man
  • Senior boekhouer
  • REGISTERED PROFESSIONAL OR STAFF NURSE
  • Occupational Therapist
  • De Oude Renbaan - Paarl
  • ADMINDAME-POSISIE
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za