ONTVANGSDAME/TELEFONISTE
2007-06-14
ONTVANGSDAME/TELEFONISTE
Die persoon sal verantwoordelik wees vir die effektiewe bedryf en funksionering van die ontvangsarea.
Die sleutelverantwoordelikhede van die pos sentreer rondom: • Algemene kantooradministrasie • Effektiewe bedryf van die skakelbord • Ontvangs en verwysing van kliënte, besoekers en ander persone • Tik van finansiële state en algemene korrespondensie
Om vir hierdie pos in aanmerking te kom, moet die aansoeker aan die volgende vereistes voldoen:
• Graad 12 of ‘n ekwivalente kwalifikasie met syfervakke • Baie goeie kommunikasievaardighede, verbaal en skriftelik • Goed onder druk kan werk • In spanverband kan saamwerk • Vriendelik en innemend wees • Rekenaarvaardig wees (Word/Excel) • Onmiddellik beskikbaar wees.
Indien u aan bogenoemde vereistes voldoen, sal ons baie graag van u wil hoor.
Faks u aansoek na: 0866 101 793 vir aandag Sharon Kramer voor of op 20 Junie 2007 of e-pos u aansoek na sharonk@bolfin.co.za Indien u nie binne ‘n week na die sluitingsdatum van ons verneem het nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
More
News
|