TERREINBESTUURDER
2007-07-12
TERREINBESTUURDER FRANSCHHOEK
Snelgroeiende, nasionale maatskappy soek dringend na ‘n terreinbestuurder te Franschhoek.
Die suksesvolle kandidaat moet oor uitstekende toesigvaardighede, goeie menseverhoudinge en sobere gewoontes beskik. Die persoon moet ook hou van die buitelewe.
Die geskikte kandidaat moet ook oor ‘n breë agtergrond van tuinboukunde en sportveld- instandhouding beskik.
Die kandidaat moet ook navolgbare verwysing kan voorlę. Die kandidaat moet verkieslik van die Franschhoek- of Paarl-area wees. Indien u nie binne 3 weke van die maatskappy hoor nie moet u weet dat u aansoek onsuksesvol was. Kontak Derick Germishuys of Mark Rist by 021-534-3477 of faks u CV na 021-534-3479.
More
News
|