Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


VERKOOPSVERTEENWOORDIGER

VERKOOPSVERTEENWOORDIGER
 
2007-07-26


PAARL POST

Paarl Post gemeenskapskoerant vir Paarl, Wellington en Franschhoek benodig tans die dienste van'n dinamiese en gemotiveerde
VERKOOPSVERTEENWOORDIGER

Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir:

• Die inisiëring en daarstelling van advertensies in samewerking met die Advertensie-bestuurder.
• Die stimulering van die mark deur inisiatief en laterale denke aan die dag te lê om nuwe geleenthede en inkomstebronne te identifiseer en te ontwikkel ten einde kliënte se advertensiebehoeftes te bevredig.
• Die behaling en oorskryding van begrote omsetdoelwitte.
• Op te tree as skakel vir kliënte en die ontwerp, opstel en plasing van advertensies.

Die ideale kandidaat word beskou as 'n persoon met uitmuntende verkoopsvaardighede wat met self-vertroue kan funksioneer in spanverband in 'n kompeterende markomgewing.

Voorts moet die suksesvolle kandidaat oor goeie kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede beskik en volkome Afrikaans en Engels magtig wees.

Die geskikte kandidaat moet oor 'n geldige bestuurslisensie en 'n eie motor beskik.

Die maatskappy bied die suksesvolle kandidaat die geleentheid om sy/haar eie inkomste sonder 'n plafon te bepaal, met toegang tot die maatskappy se aftree- en siekefonds.

Belangstellendes word vriendelik versoek om 'n verkorte CV aan Ilsé Fourie te faks by 021-872-9280 of te e-pos na ads@paarlpost.co.za
SLUITINGSDATUM: 31 Julie 2007. (Neem asb. kennis dat indien u nie teen 3 Augustus, 2007 enige terugvoer ontvang het nie, u die aansoek as onsuksesvol moet beskou.)

Paarl Post is onder geen verpligting om hierdie pos te vul nie.



More News
  • Administratiewe Pos
  • WAITERS
  • Meat Processing Expert / Block Man
  • Senior boekhouer
  • REGISTERED PROFESSIONAL OR STAFF NURSE
  • Occupational Therapist
  • De Oude Renbaan - Paarl
  • ADMINDAME-POSISIE
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za