PROCESS ENGINEERING WERKWINKELVOORMAN
2007-08-03
CAMPRO
CAM PROCESS ENGINEERING
CAM Process Engineering, 'n affiliaal van C.A. Muller Fabrication, geleë in Wellington Industriële Park het die volgende vakatures
WERKSWINKELVOORMAN
Die aangewese persoon sal minstens 5 jaar ondervinding van werkswinkelbestuur hê en/of 'n senior posisie beklee het in 'n werkswinkel wat spesialiseer in die vervaardiging van vlekvrye staal produkte. Persone wat ervaring in die vervaardiging van tenke het, sal voorkeur geniet.
PLAATMETAALWERKER
Plaatmetaalwerkers wat minstens 5 jaar ondervinding het in die vervaardiging van tenke, druktenke en prosestoerusting in vlekvrye staal kan aansoek doen vir bogenoemde pos. Persoon moet kode 08 rybewys en eie vervoer hê.
SWEISER (TIG/MIG/ARC)
Sweisers (Coded) wat minstens 3 jaar ondervinding het, kan aansoek doen vir bogenoemde pos. Ondervinding in die sweis van vlekvrye staal is 'n vereiste vir die posisie. Persone wat ondervinding van sweiswerk op druktenke en dun wand stoortenke vir die wyn- en voedselbedryf sal voorkeur geniet.
Stuur asb 'n verkorte CV na Faksno: 086 619 3534 of stuur 'n e-pos aan jacques@camfab.co.za. CV's kan ook gepos word na Posbus 459, Wellington, 7654.
Verstrek asb vorige werksondervinding asook kontakbare verwysings
More
News
|