ADMINISTRATIEWE KONTROLEUR: VOORRAAD
2007-08-08
Cape Basic Products (Pty) Ltd
ADMINISTRATIEWE KONTROLEUR: VOORRAAD
Savers Lane is ‘n kleinhandel- voedselgroep met ‘n unieke konsep. Die posbekleër sal volle verantwoordelikheid neem vir datavaslegging en voorraadbalansering van die groep se 46 winkels. Toesighouding oor 8 personeellede om bogenoemde funksie uit te voer.
Vereistes:
• Toepaslike ondervinding en bestuurservaring • Rekeningkundige agtergrond • Goeie kommunikasie- en organisatoriese vermoëns • Detail ingesteldheid • Onder druk kan werk om sperdatums na te kom
Faks CV met kontakbare verwysings voor 13 Augustus 2007 aan die Personeelbeampte by 021-863-0038.
More
News
|