Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Privaat Sekretaresse / Assistent

Privaat Sekretaresse / Assistent
 
2007-08-23


Privaat Sekretaresse / Assistent vir Senior Direkteur van Prokureurs- firma in Paarl.

Aansoeke vir persone met die volgende hoedanighede en persoonlikheidseienskappe sal oorweeg word. Potensieel suksesvolle kandidate sal genooi word vir 'n onderhoud.

1. Langtermyn ononderbroke werk potensiaal.
2. Goeie organisatoriese vermoë en sistematiese werker.
3. Goed rekenaarvaardig.
4. Onafhanklike denker.
5. Op eie inisiatief kan werk.
6. Akkuraat en netjies kan tik.
7. Goeie en professionele skakelvermoë met die publiek, kliënte en ander leweransiers.
8. Stiptelik en goed georganiseerd.
9. Vaardig met syfers en met berekeninge.
10. Vriendelike geaardheid.
11. Eerlik en betroubaar.
12. Ten minste baie goed tweetalig. (Engels en Afrikaans)
13. Verkieslik, maar nie deurslaggewend nie, ‘n mate van ondervinding in litigasie soos opstel van kosterekeninge, blootlegging van dokumente, opstel van getuieverklarings, opstel van Reël 43 aansoeke, dagvaardings, besonderhede van vordering, alternatiewe dispuutbeslegting, ens.

Stuur aansoeke elektronies na vds@vdspuy.co.za onder die opskrif "Aansoek - Assistent".

Aansoeke kan ook onder dieselfde opskrif soos hierbo genoem, gepos word na "Die Adverteerder, Posbus 218, Paarl, 7620" of per hand afgelewer word te Thomstraat 36, Paarl en ook te Suite 603,
6de Vloer, Constitution House, Adderleystraat, Kaapstad.

Aansoeke moet spesifiek items 1 tot 13 hierbo aanspreek en behandel en ook verwys na die applikant se verwagte salaris.
Aansoeke sluit 30 September 2007.



More News
  • Administratiewe Pos
  • WAITERS
  • Meat Processing Expert / Block Man
  • Senior boekhouer
  • REGISTERED PROFESSIONAL OR STAFF NURSE
  • Occupational Therapist
  • De Oude Renbaan - Paarl
  • ADMINDAME-POSISIE
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za