Algemene Verteenwoordiger
2007-09-13
HOMEFIRES
Algemene Verteenwoordiger
Home Fires (Edms) Bpk as ‘n gevestigde vervaardigingsaanleg in die staalbedryf bied tans ‘n geleentheid aan vir ‘n algemene verteenwoordiger.
Pligte behels: • Diens van bestaande verspreidersnetwerk • Brei netwerk van verspreiders uit. • Hanteer waarborgeise. • Voorbereiding van kwotasies en verkope.
Die kandidaat moet beskik oor die volgende vereistes en eienskappe: • 3 Jaar ondervinding in soortgelyke pos. • Moet rekenaarvaardig wees. • Tegnies aangelê wees • Aangename persoonlikheid om verkope- en kliëntverhoudinge te bevorder • Moet oor die vermoë beskik om probleemsituasies te ontlont en op te los. • Netjiese voorkoms • In besit wees van geldige bestuurslisensie.
Kandidate wat voldoen aan bogenoemde kan CV epos na gerrit.scheepers@homefires.co.za
Sluitingsdatum vir aansoeke is 21 September 2007 en beskou u aansoek as onsuksesvol indien daar nie na twee weke van genoemde datum met u in verbinding getree is nie.
More
News
|