ADMINISTRATIEWE KLERK
2007-10-04
PSG KONSULT
PSG Konsult Beperk is ‘n filiaal van die PSG Groep, een van Suid-Afrika se voorste onafhanklike finansiële dienste-groepe wat op die JSE Sekuriteits-beurs genoteer is.
PSG Konsult konsentreer op beleggings- en versekerings-advies, asook aandeleverhandeling en beskik oor die spesialiskennis van die Groep aangaande bate- en beleggingsbestuur.
ADMINISTRATIEWE KLERK
KWALIFIKASIES/VEREISTES: Ten minste twee jaar ondervinding in administratiewe kantoorverpligtinge.
Moet deurdagte kennis van MS Office hê, syfer- akkuraatheid en Afrikaans/Engels- taalmagtig wees.
VERGOEDING: Salaris onderhandelbaar.
DIENSAANVAARDING: So spoedig moontlik.
E-pos u aansoek, vergesel van ’n volledige curriculum vitae voor 12 Oktober aan aansoeke@psgkonsultwp.co.za
Indien u teen 19 Oktober geen terugvoering van ons ontvang het nie, was u aansoek onsuksesvol.
PSG is ’n goedgekeurde finansiële diensteverskaffer
More
News
|