Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


VAKKUNDIGE ASSISTENT

VAKKUNDIGE ASSISTENT
 
2007-10-11


Die Afrikaanse Taalmuseum en -Monument
VAKKUNDIGE ASSISTENT

(12 maande kontrakaanstelling)

Vereistes
• 'n Toepaslike tersiêre kwalifikasie en/of toepaslike ondervinding in die museumwese.
• Hoë vlak van rekenaarvaardigheid (Word & Excel).
• Uitstekende taalvaardigheid in ten minste twee van die amptelike tale van die Wes-Kaap.
• Kommunikasie- en organisatoriese vaardighede.
• Mondelinge en geskrewe vaardigheid in Afrikaans en Engels.
Pligte
• Om die Kurator en Opvoedkundige beampte by te staan in die behartiging van die volgende lynfunksies van die Taalmuseum.
• Organisering van veldwerk, optekening van mondelingoorlewering, transkribering en dokumentasie van navorsingsresultate.
• Dokumentasie en rekenarisering van museumversamelings en biblioteek.
• Help opvoedkundige beampte met organisering van opvoedkundige programme, onder meer die skakeling met skole, die verspreiding van bemarkingsmateriaal van opvoedkundige programme en gidswerk.

Aansoekvorms:
Beskikbaar by die Afrikaanse Taalmuseum, Pastorielaan 11, Paarl.

Die volgende dokumente moet u voltooide aansoekvorm vergesel:
Gewaarmerkte afskrifte van kwalifikasies, curriculum vitae, identiteitsdokument. U aansoek sal nie hiersonder oorweeg word nie.

Navrae: Me Catherine Snel 021-872-3441
Sluitingsdatum: 26 Oktober 2007

Indien u nie binne 'n maand na die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was.

Die ATM is onder geen verpligting om die pos te vul nie.

Die Afrikaanse Taalmuseum is 'n gelyke geleentheid, regstellende aksie werkgewer.



More News
  • Administratiewe Pos
  • WAITERS
  • Meat Processing Expert / Block Man
  • Senior boekhouer
  • REGISTERED PROFESSIONAL OR STAFF NURSE
  • Occupational Therapist
  • De Oude Renbaan - Paarl
  • ADMINDAME-POSISIE
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za