ASSISTENT BESTUURDER
2007-10-25
BOLAND TUINDIENSTE ASSISTENT BESTUURDER Boland Tuindienste is 'n gevestigde onderneming en verrig 'n verskeidenheid tuinboukundige dienste.
Die geskikte kandidaat sal hoofsaaklik verantwoordelik wees vir die bestuur van algemene werkers, kliënteverhoudinge en masjinerie.
Belangrike vereistes van die pos is: • Goeie menseverhoudinge • Bestuursvaardighede • Aanleg/liefde vir tuine • Kennis van plante • Praktiese vaardighede soos hantering van kettingsae, installering van besproeiingstelsels. • Vorige ondervinding in bogenoemde take en 'n EC1 bestuurslisensie sal in u guns tel, alhoewel nie 'n voorvereiste.
Belangstellendes moet 'n skriftelike aansoek stuur aan: Boland Tuindienste, Posbus 105, PAARL, 7622 • admin.bms@lantic.net Faks: 021-872-3881 Vir navrae, skakel Sanet Olivier by 021-872-8911. SLUITINGSDATUM: 31 Oktober 2007
More
News
|