Bestuurder en onderwysers
2007-11-08
1. BESTUURDER (kontrak vanaf 1 Januarie 2008) Die AANDSKOOL by Paulus Joubert SSS (Nederburg GLS) benodig ‘n voltydse gemeenskapswerker BESTUURDER wat hoofsaaklik saans diens sal doen.
Pligte behels o.a. die bestuur van onderwysprogramme (NQF 4, Abet, Vaardigheidskursusse), finansiële bestuur, bywoon van kursusse, uitbou van die sentrum.
Die ideale kandidaat moet beskik oor goeie kommunikasie-vermoe, eie vervoer met geldige rybewys, saans kan werk, betroubaar wees met sterk leiereienskappe, met volwassenes kan werk, rekenaarvaardig wees, nie verder as 5 kilometer van die sentrum woon nie. Goeie gesondheid is ook ‘n vereiste.
‘n Verdere aanbeveling sal wees: ondervinding van admini-stratiewe en finansiële bestuur, ‘n onderwyskwalifikasie, onder-vinding van genoemde programme.
Die vul van die pos asook die salaris hang af van die be-skikbaarheid van fondse.
Dien ‘n volledige CV, met kontakbare verwysings, in by John Swartz, Paulus Joubert SSS, Beukesstraat, Paarl, 7646 voor 16 November 2007.
2. ONDERWYSERS (1 pos elk) Afrikaans gr 12 Biologie gr 12 Geskiedenis gr 12
3. ONDERWYSERS: Abet vlak Vlak 4 Vlak 3 Vlak 1+2
4. ONDERWYSERS Rekenaaropleiding Naaldwerk Dien asb ‘n verkorte CV in by John Swartz, Paulus Joubert SSS voor 16 November 2007.
More
News
|