VERKOPE-KLERK
2007-11-08
LATEGAN'S SEMENTWERKE - CEMENT WORKS VERKOPE-KLERK
Lategan's Sementwerke, van Wellington, benodig die dienste van 'n energieke en dinamiese persoon.
Die persoon sal hoofsaaklik verantwoordelik wees vir verkope. Die suksesvolle kandidaat sal ook ondersteuning verskaf in kantoor-administrasie, die skakelbord en vaslegging van data.
Die suksesvolle kandidaat moet betroubaar, hardwerkend wees en oor goeie kommunikasievermoëns beskik. Goeie menseverhoudings en kliëntediens is 'n vereiste. Kennis van Word en die opstel van Excel sigblaaie, Pastel en toepaslike ervaring sal tot u voordeel wees.
'n Mededingende salaris en diensvoorwaardes word aangebied.
Persone wat belang stel, kan 'n CV stuur aan: Faks 021-873-3154, of E-pos na: advert1@xsinet.co.za
Kontaknommer: 082 411 6457
Sluitingsdatum: 14 November 2007
More
News
|