Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


IT Netwerk-administrateurs

IT Netwerk-administrateurs
 
2007-11-15


PAARL MEDIA

Paarl Media Beherend (Edms) Beperk, 'n tegnologies-gevorderde en hoogs gediversifiseerde groep in die drukkersindustrie, bied deur middel van sy vyf drukkery-aanlegte, 'n omvattende reeks produkte en dienste insluitend 'n breë spektrum van tydskrifte, kommersiële advertensiebrosjures en pamflette, boeke,

Bybels, dagboeke en etikette. 'n Verskeidenheid van druktoerusting en prosesse word aangewend.

Ons soek tans na dinamiese, gekwalifiseerde persone met toepaslike ondervin-ding om die verantwoordelikheid vir die IT Netwerke in ons Groep te aanvaar.

IT Netwerk-administrateurs

Die persoon sal verantwoordelik wees vir ondersteuning aan eindgebruikers deur om te sien na gereelde instandhouding van die netwerk, eindgebruikers se behoeftes en hulpbronne.

Die suksesvolle kandidaat moet oor basiese netwerk- vaardighede, wat insluit, kennis van drukkers, DHCP, DNS en basiese TCP/IP ontwerp en uitlegte beskik en sal ook verantwoordelik wees vir alle bedieners en die rugsteun daarvan.

Bewese kennis van Microsoft stelsels en sagteware programmatuur op 'n werkstasie en bedienervlak, is van kritiese belang.

Ons voorsien dat die persoon 2 - 3 jaar breë ondervinding van netwerke sal hê en verkieslik oor 'n Microsoft MCSE of ander toepaslike sertifikasie sal beskik.

Die pos vereis 'n laterale denker met hoë energievlakke, gekoppel met uitstekende analitiese en probleemoplossingsvaardighede, ondersteun deur uitsonderlike kommunikasie en interpersoonlike vaardighede.

In ruil vir die suksesvolle kandidaat se dienste, bied die maatskappy 'n mededingende en buigsame vergoedingspakket gekoppel aan verskeie aansporingsprogramme.

Voorkeur sal, in terme van die Groep se diensbillikheidsbeleid, aan individue vanuit voorheen benadeelde groeperings verleen word. Indien u belang stel in hierdie uitdagende pos word u vriendelik versoek om die maatskappy se webtuiste te besoek, by www.paarlmedia.co.za om meer te leer van die maatskappy en om aanlyn te registreer vir u aansoek.

Sluitingsdatum: 23 November 2007



More News
  • Administratiewe Pos
  • WAITERS
  • Meat Processing Expert / Block Man
  • Senior boekhouer
  • REGISTERED PROFESSIONAL OR STAFF NURSE
  • Occupational Therapist
  • De Oude Renbaan - Paarl
  • ADMINDAME-POSISIE
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za