VLOOTBESTUURDER
2007-11-22
VLOOTBESTUURDER
Rusgenot Transport (Pty) Ltd, 'n medium grootte vervoermaatskappy wat spesialiseer in langafstand- vervoer beskik oor 'n vakature vir 'n vlootbestuurder by sy kantoor in Paarl.
Die suksesvolle kandidaat is 'n spanspeler, met inisiatief wat sonder toesig kan werk.
Verantwoordelikhede behels onder meer:
¤ Skedulering van vloot van voertuie ¤ Verantwoordelik vir onderhoud en instandhouding van vloot ¤ Verantwoordelik vir algemene vlootadministrasie Vereistes: ¤ Die geskikte kandidaat beskik oor vorige transportondervinding ¤ Uitstekende skryf- en kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels ¤ Rekenaargeletterd ¤ Die pos vereis dat die kandidaat sommige naweke werk ¤ 'n Geldige EC lisensie en PrDP kan in die aansoeker se guns tel Aansoeke, met 'n aansoekbrief en CV, kan gerig word aan Ryno van Wyk na E-pos christo@rusgenot.co.za of faks na 021-869-8529. Meld asseblief die salaris verlang.
Aansoeke sluit Maandag 26 November 2007
Rusgenot Transport bied aangename werksomstandighede en 'n mededingende pakket met maatskappyvoordele aan die suksesvolle kandidaat
Indien u nie binne 'n week na die sluitingsdatum van ons verneem het nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
More
News
|