DTP/GRAFIESE UITLEGKUNSTENAAR
2007-11-29
PAARL POST
Die Paarl Post, een van die toonaangewende gemeenskapskoerante en gereelde wenner van die Cronwright Trofee vir Beste Gemeenskapskoerant in Suid-Afrika, het n vakature vir n DTP/GRAFIESE UITLEGKUNSTENAAR
Diι maatskappy streef na gelyke geleenthede ingevolge sy diensbillikheids-riglyne.
Paarl Post is op soek na 'n ervare grafiese uitlegkunstenaar.
Verantwoordelikhede sluit in die volgende: Die persoon moet sterk visueel ingestel wees, die vaardigheid hκ om advertensies se uitleg te doen. Die kunstenaar gaan verantwoordelik wees vir die opmaak van advertensies en koerant-blaaie. Die persoon moet nou saamwerk met die advertensiebestuurder en verteen-woordiger van bogenoemde publikasies. Die persoon moet onder druk kan werk en spertye nakom. Hy/sy moet bereid wees om by tye oortyd te werk.
Posvereistes: uitstekende tikvaardighede ten minste 45 woorde p/m uitgebreide rekenaargeletterdheid goeie menseverhoudings en die vermoλ om goed onder druk te funksioneer vlot tweetalig (Afrikaans/Engels) - praat, lees en skryf 'n erkende naskoolse kwalifikasie in grafiese ontwerp of toepaslike ondervinding vorige ondervinding by 'n koerant of tydskrif sal voordelig wees kennis van Pagemaker en n deeglike kennis van CorelDraw
Die maatskappy bied 'n markverwante basiese salaris met toegang tot pensioenfonds en mediese fonds.
Belangstellendes word versoek om 'n verkorte CV aan die MH Bestuurder by: ryan.damonse@paarlpost.com te stuur of te faks na 021-872-6889 voor 7 Desember 2007.
More
News
|