SMS
2011-09-22
* Dank aan Boland-landlopebestuur vir puik diens en opoffering. * Rondloperhonde was minder toe munisipaliteite hulle self geskut en na sewe dae laat uitsit het! Meer koste-effektief. * Radio KC se ontbytprogram is besig om in ’n rigting te gaan waar hy bruin luisteraars verloor met sy geraasmusiek en die aanbieders verveel my. * Dank aan die verkeershoof vir die neem van spoedmetings. * Sal u asseblief so gaaf wees en Markstraat ook insluit? * ’n Nag se slaap is buite die kwessie. * Hoop regtig daar gaan opgetree word teenoor taxi’s. * Het self agter een gejaag in Boulevard, teen 115 km/h. * Is Vineyards nie die beste span in die wêreld nie? Waar is die beker dan dié jaar? * Sit spoedhobbels by stopstrate, dan moet mense ten minste stadiger ry! * Verwyder voetoorgange in Wellington, feitlik niemand stop nie! Voor iemand seerkry! * Graad 1’s sit nog op skoolbanke dan loop hoërskoolleerlinge al buite rond! Kleintjies sit soms tot 6 ure per dag op skool! * Mayor Gesie, kan ons asseblief groot spoedwalle en ook spoedkameras in Hoofstraat kry vanaf Optenhorst se robot tot by Ireneplaas? * Hoe kan jy aansoek doen vir ’n tender as jy nie eers ’n trok het nie? * Kabeldiewe handel ook in gesteelde skootrekenaars. * Ek het by daai towtruck driver een gekoop. Pasop, mense. * Cultivaria is Meyer se private geldmaakproduksie. * Hy neem glad nie Paarliete in ag nie, net sy eie sak. * Van tyd tot tyd skakel ek oor na Radio KC. * Weens die tipe geraasmusiek word ek elke keer teruggeskok na enige ander stasie. * Asb doen iets aan die agteruitgang! Van PTT. * Kan ouers van Gimnasium Laer asb ouers van ACVV Trompie in ag neem wanneer jul al die parkering wat vir ons bedoel is, beset. * Koperdiefstal en my krane en pompe wat wegraak – wat maak ons patetiese regstelsel? G. Malherbe * As jy deur Newton ry, watter deel van 60 km/h verstaan jy nie? Verkeerslig in Newton ook net ’n ornament. * Well done, Bokke. Patriotiese Bok-ondersteuners skree lekker vir MU/Chelsea. * Daar was ook goeie plaaslike sokker. Wonder maar net. * Vermy Borssenbergstraat. Verskeie gevaarlike, BAIE diep en BAIE groot slaggate. * Dis darem vreeslik om te sien hoe die mense wat betrokke is by ’n skool se kosskema die kos huis toe dra vir vriende en familie. Dit is “blik vis”-mielies. * Ek het my goue ring verloor in die middedorp op 30 Augustus. Indien iemand dit opgetel het, skakel my by 073 188 6024.
More
News
|