ANDRÉ de Villiers se kommentaar in verlede week se koerant is in die kol.
As inwoner en belastingbetaler is ek siek en sat van die heen-en-weer ge-politiekery van die DA en ANC in die Paarl Post. Aan al 61 raadslede (hoekom só baie?) wil ek net sê: “doen julle werk!” Ons sien die meeste van julle in elk geval net gedurende verkiesingsveldtogte. Intussen vergaan ons dorpe onder vullishope en hoë gras. Van die huise wat nog gebou moet word, wil ek liewers nie eens praat nie. Stel liewers die belange van die mense eerste, en nié julle politieke partye nie.
Siek en sat