Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Moenie die naam verander nie

Moenie die naam verander nie
 
2011-09-22


JY hoor dit en dit ruk jou binneste. Radio KC se naam verander. Dit wil net nie sin maak nie! Jou hart pyn!

Vat jou naam weg en hulle vat jou identiteit weg, hang ’n vreemde bordjie om jou nek of jy nou daarvan hou of nie…sommer net omdat hulle wil?

Wie ruk jou so weg uit die harte van dié wat jou liefhet, wat by jou staan deur dik en dun, jou ondersteun, wat ook al die situasie.

Jou luisteraars is die bloed in jou uitsaai-golwe, die rede om aan te hou, jou deure oop te hou, om daagliks te strewe om jou gemeenskap te bedien, ’n positiewe verskil te maak!

Oor geslagte heen, terwyl jy onthou waar jy vandaan kom, hoekom jy begin is om ’n spreekbuis te wees vir hulle wie se monde toegedruk word.

Nou word jou mond toegedruk! KC pas hulle nou net nie meer nie en jy kan nie terugpraat nie!

Al hierdie jare het jy mense se lewens gered, mense se lewens verander, mense geleenthede gegee via jou KC-naam, jou radio-stem.

Waar is die luisteraars nou wanneer jy hulle nodig het om jou te red?

Jy behoort dan aan hulle en niks of niemand anders nie!

Jou ankers staan in heilige grond, jy is gebou met gebede en jy vra om voort te leef, om te bly dien. Help my! is jou noodkreet.

Sal hulle die guts en liefde openbaar om nee te skree, vir hierdie naam-moord wat beplan word?

Amanda Mostert




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  • Ná haakplek kom heerlike fees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za