Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rooi linte nie vir vandalisme

Rooi linte nie vir vandalisme
 
2011-09-22


EK deel die skrywer, Johan Nel, se misnoeë met die wyse waarop daar vernielsugtig omgegaan word met die verfraaiingspogings in Wellington, maar dis bitter onsensitief om die aksies tot bewusmaking van gebedsaksies in dieselfde pot te gooi as mense wat bome vertrap en takke afskeur.

Die foto om die vernielsugtige wyse waarop linte aangebring is te toon, is misleidend, want die bos spykers was reeds in die boom se stam gewees.

Die dames wat die linte aangebring het, het die toestemming van die munisipalieit verkry en is deur ’n plantkundige ingelig dat die kort spykertjies wat gebruik sou word, geen gevaar vir die bome inhou nie.

Die linte herinner ons aan die “40 Dae van Gebed”, geloods deur die NG Kerk Wellington Moedergemeente. Dit is nie ’n eksklusiewe gebedsaksie nie en enigeen is welkom om deel te neem.

Dit dui op verbondenheid tot die uitleef van ons Christelike geloof en hierdie pogings moet eerder geloof as geklap word!

Die oningeligte aanval op die werk van kerkgroepe is ongevraagd en onvanpas!

Die meeste werk van groepe binne die kerk word nie gesien nie, maar baie mense word geraak deur die vrug van daardie werk! Die linte moet eerder gesien word as ’n uitbundige verklaring van ongeveinsde liefde vir ’n saak wat eintlik die hele gemeenskap tot aksie moet aanspoor!

Dit is vir my vreemd dat die toestand van die bome in Wellington so baie “ontsteltenis” opjaag, maar dat die ware swaarkry van mense en die verwatering van beginsels, armoede en dwelmvergrype, nie naastenby dieselfde soort emosie ontketen nie.

Die berigskrywer se betoog is werklik irrelevant gesien teen die groter prentjie. Hy kon eerder berig het oor die positiewe betekenis van die rooi linte in plaas van om dit, by implikasie, af te maak as vandalisme.

Dr. JB van Dyk




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  • Ná haakplek kom heerlike fees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za