DIE erg ontbinde liggaam van ’n onbekende man is kort na Kersfees langs die Bergrivier in Wellington gevind.
Die man van tussen 30 en 40 jaar, het blou jeans en ’n gestreepte swart en wit hemp aangehad. Die oorsaak van die man se dood is nog nie vasgestel nie.
Hy het ook ’n tatoeëermerk op sy regterskouer in die vorm van ’n hart met ’n pyltjie daardeur, en die woord LLVE daarin.
As enigiemand kan help om die identiteit van die oorledene vas te stel, kan hulle insp Kernin Philander skakel by 021-864-9600.