Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vreugde ná eerlikheid met vol beursie

Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
 
2011-09-08

Lise Beyers

’n PENSIONARIS was vandeesweek oorstelp van vreugde toe haar beursie met haar pensioengeld daarin onaangeraak aan haar terugbesorg is.

Nadat Fila Swartz (89) van Lanquedoc onlangs haar staatspensioen ontvang het, is sy Paarl toe om inkopies te doen.

By ’n viswinkel in Lady Greystraat het sy ’n blaaskansie geneem en vir haar ’n pakkie slaptjips gekoop. Maar later die dag was haar uitstappie heeltemal bederf, toe sy agterkom dat haar beursie met byna R800 daarin uit haar handsak verdwyn het.

Intussen was Marinda Claasen van Lan-tana ook dié dag in die dorp.

Sy vertel dat sy ook in die viswinkel was, toe iemand dit aan haar uitwys dat haar beursie uit haar sak val.

“Toe ek kyk, sien ek die klein bruin beursietjie lê langs my handsak.

“Ek wou nie die beursie aan enigiemand oorhandig nie, want hoe weet ek of dit regtig aan hulle behoort.”

Claasen het toe die beursie huis toe geneem en Radio KC gekontak om die verlore beursie uit te saai.

Toe sy hiér geen reaksie gekry het nie, het sy ’n SMS aan die Paarl Post gestuur om so die regmatige eienaar op te spoor.

“Ek het talle oproepe ontvang van mense wat beweer dat die beursie aan hulle behoort, maar hulle kon nie die korrekte beskrywing daarvan aan my gee nie,” sê sy.

Maar gelukkig het Fila se kleinseun, Dennis, ’n ywerige Paarl Post leser, die SMS raakgesien en vroeg die volgende oggend het hulle die nommer geskakel.

“Ons het nie regtig gedink dat ons ooit weer die beursie sou sien nie,” vertel Fila, “maar Dennis het my oorreed om te skakel.”

Hulle was stomgeslaan oor Marinda se eerlikheid en toe hulle die beursie gaan afhaal by haar huis, weer eens verstom toe sy weier om ’n beloning te aanvaar.

“Ek is nie so grootgemaak nie. Dit was my plig om die tannie se beursie aan haar terug te besorg.”

* A pensioner who lost her purse with almost R800, was elated to have it, and all the money, returned to her thanks to an SMS in the Paarl Post.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Horses on gentle gallop to recovery
  • Ou hand met nuwe kwekery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za