Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Versoeningsfees met fakkelloop

Versoeningsfees met fakkelloop
 
2011-09-22


DIE Verenigende Gereformeerde Gemeente Wellington vier die naweek van 22 tot 25 September die 70ste jaar van die gebruik van die kerkgebou in Mellingstraat, Wellington.

Die gebou is in 1941 opgerig nadat die gemeente gedwing is om te verhuis uit hul oorspronklike kerkgebou wat in 1845 in Kerkstraat opgerig is. Die grond het die eiendom van die NG Kerk geword en vir 70 jaar is daar nooit formeel deur die twee kerkrade oor die gebeure gepraat nie.

Vanjaar is as versoeningsjaar deur die VG Kerk uitgeroep.

’n Versoeningsdiens word Donderdag 22 September om 19:00 deur prof. Nico Koopman van die Universiteit Stellenbosch gelei.

Die diens word voorafgegaan deur ’n fakkelloop vanaf die Wa­genmakersvallei VG Kerk tot by die perseel op die hoek van Hoof- en Kerkstraat, waar die ou kerk gestaan het.

’n Versoeningsfakkel word voor die Mellingstraatkerk aangesteek en ’n versoeningsgebaar sal deur die NG Kerk gedoen word.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  • Ou hand met nuwe kwekery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za