’n AFGETREDE onderwyser van Wellington is verlede Sondag na ’n kort siekbed in die Paarl-Mediclinic oorlede.
Leslie Cupido (70) was vir meer as 35 jaar in die onderwys betrokke, ook as adjunk-hoof van Wellington Primêr, en was bekend as ’n puik leermeester. Hy is gister uit die St Monica’s Anglikaanse Kerk in Vanwyksvlei begrawe en word privaat veras.
Hy laat sy vrou, Annette, twee dogters, Harriet en Lizette, seun Clement, skoonseun en skoondogter Bradley en Althea, en vyf kleinkinders, agter