Klopsefees
2008-01-10
DIE Drakenstein Klopse-unie het hul jaarlikse Karnaval aangebied as ’n Road Show op 1 Januarie wat by die I.O.T.T saal in Voorstraat begin het en geëindig het in die Hoofweg. Die eerste kompetisie het plaasgevind op Saterdag 5 Januarie en die tweede vind plaas eerskomende Saterdag te Boland Stadion. Toegang is R10 (R5 kinders).Voorafbetaalde kaartjies is beskikbaar by bestuurslede. Troepe betrokke is Hillcrest Starlights, Disas, Coronations, Young Stars, Young Gold Dollars en Tulips. <>Vir stalletjies, skakel Desmond Burger by 079-213-6988.
More
News
|