Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sportman sterf tragies

Sportman sterf tragies
 
2008-01-10


'n BELOWENDE jong krieketspeler van Newton het die dag ná Kersfees tragies gesterf, toe hy verdrink het by Oranjemund.

Ricardo Davey (22) en sy familie het vakansie gehou by dié Namibiese dorp toe die tragedie afgespeel het.

Op tweede Kersfees is die hele familie na die oewer van die Oranjerivier om ’n piekniek te hou.

“Voor ons rivier toe is, het ek nog vir Ricardo gevra hoekom hy nie ’n handdoek saamvat nie. Hy het gesê dat hy nie dié dag wil swem nie,” het sy bedroefde ma, Rozella, gesê.

“Terwyl ons heerlik langs die oewer ontspan het, het Ricardo se suster Yolande en ’n vriend in die moeilikheid beland in die rivier.

“Ricardo het dadelik ingespring, maar het vinnig self in die moeilikheid geraak.

“Alles het op daardie oomblik skeefgeloop, want ons selfone het skielik geen sein gehad nie en die reddingsboot het sonder petrol gaan staan.

“Ricardo het verskriklik gespartel en skielik stilweg onder die water verdwyn ten aanskoue van ons almal.

“Ons vermoed dat sy voete verstrengel geraak het in gras wat hom afgetrek het. Duikers kon eers sy liggaam die volgende oggend uit die water haal.”

Ricardo, wat in 2006 by Klein Nederburg Sekondêr matrikuleer het, was openingskolwer vir Young Peoples Krieketklub se tweede span.

Spanmaats was van mening dat hy vanjaar na die eerste span sou vorder.

Ricardo se begrafnis het Saterdag plaasgevind.

Hy word oorleef deur sy ma en susters Rozanne (26) en Yolande (22).




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za