Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Egpaar presteer

Egpaar presteer
 
2008-01-24


PAARLIET, Tania Pretorius, en haar man Elias, het vanjaar die twee toptoekennings van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe van die Universiteit van Stellenbosch se Geneeskunde Groep ontvang.

Dr Tania Pretorius (née Krügel), is ’n oud­leerling van die Laerskool Drakenstein en Hoër Mei­sieskool La Rochelle in die Paarl.

Sy het die graad M.B.Ch.B. (mediese dokter) aan die Universiteit van Stellenbosch so pas Cum Laude verwerf.

By die jaarlikse eed-afleggingseremonie van die Fakulteit, het sy ook die Beste Presteerder Medalje van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe ontvang.

Dié medalje word toegeken aan die student wat die beste akademiese prestasie behaal het gedurende die ses-jaar mediese kursus.

Sy slaag haar kursus ’n ge­mid­delde van 82,5% en in haar finale jaar het sy vyf onderskeidings be­haal.

Asof dit nie genoeg was nie, het sy by hierdie geleentheid ook die prys ontvang vir die beste student in Verloskunde en Ginekologie.

Sy het ook gedurende 2007 die volle Erekleure van die Tygerberg Studente Unie ontvang vir Aka­demie asook Ere­­­kleure van die Uni­versiteit van Stellenbosch vir Aka­de­mie.

Dr Elias Pretorius, haar man, het by dieselfde geleentheid die Francie van Zijl-medal­je vir die student wat die beste prestasie gelewer het in nie-akademiese bedrywighede ont­vang. Hy was onder meer voorsitter v




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za