Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Studentepret en studies

Studentepret en studies
 
2008-01-31

Engela Duvenage

DIE akademiese jaar het amptelik Dinsdag vir die meeste studente van die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie op Wellington begin, toe afgeskop is met die eerste klasse vir onderwysstudente vir hierdie semester.

Landboustudente het gister (Woensdag) begin klas loop.

Vir die volgende paar weke sal studente se aandag nie noodwendig 100% by hul akademie wees nie, aangesien daar heelwat koshuisaktiwiteite en Karnavalgeleenthede aan die beurt kom.

So is dit hierdie week Huis Bliss se Tradisieweek, terwyl die manskoshuise gister met eerstejaarsrugby sou begin.

Vanaand (Donderdag) vind die gereelde eerstejaarsatletiekbyeenkoms plaas, waartydens die nuwelinge kan wys watter spesiale atletiese talente daar onder hulle is.

Die kollig is weer Woensdag op die eerstejaar studente, wanneer die jaarlikse Eerstejaarskonsert gehou word.

Die karnavalkomitees van die verskillende koshuise, asook die privaatwyk Val du Charron is reeds hard aan die werk om te help bou aan die vlotte .

Saterdagoggend 10 Februarie sal die vlotte deur Wellington se strate aan die jaarlikse optog deelneem.

Verdere hoogtepunte wat op studente wag voordat die volgende vakansie weer aanbreek, is die SR se Valentynsdans op Vrydag 15 Februarie en kort daarna die Bloedskenkgeleentheid gedurende die oggend van 19 Februarie.

Die Mej CPUT glansgeleentheid is op Woensdag 5 Maart.

Die jaarlikse Sêrkompetisie vind van 10 tot 13 Maart plaas




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za