Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sy skilderhand nog stewig

Sy skilderhand nog stewig
 
2008-01-31

David Joshua

“EK het darem nog nie my ‘touch’ verloor nie en hier in die herfsjare kry ek uiteindelik die kans om my geliefde kuns te beoefen,” vertel Nick Bock (74), wat saam met sy vrou Grizelda, woon in Abattoirweg, Huguenot.

Meester Bock soos wat hy alom bekend is, was skoolhoof en onderwyser, koorafrigter, en nou pastoor - eers by die Volle Evangelie Kerk en nou by Nuwe Lewe in Christuskerk in Delft.

Oorspronklik van Kakamas naby Upington se węreld, het hy einde Desember 1970 Paarl toe gekom en in New Orleans gaan woon. Sy kinders Mervyn, Beryl en Lional is almal getroud. Die jongste, Leon, het sowat drie jaar gelede in ’n motorongeluk naby Malmesbury gesterf.

Nick het al diep spore in die onderwys getrap met veertig jaar diens. Hy het begin skoolhou by Louwbos Primęr naby Rietfontein Sendingstasie in die Kalahari. Toe het hy na Loxtonvale NGK Primęr net buite Keimoes toe gegaan en hoof geword van Graseiland Primęr naby die destydse Eksteenskuil-nedersetting,ook naby Keimoes.

In 1972 tot 1984 het hy kom skoolhou by Huguenot Kong Skool(Betanie) in Rosaki- straat Paarl­-Oos, waar hy kuns en handwerk gegee het. Hy’t ook die decor vir skole se operette-opvoerings gedoen. Hiervandaan het hy na Edenpark Primęr in Johannesburg gegaan vir vier jaar en toe vir die laaste sewe jaar by Groenberg Primęr buite Wellington kom skoolhou.

“My ouma, ’n nooi Van Wyk, was ook ’n onderwyser, maar het vir die amper-groot­mense geleer. Destyds het hulle dit die “Trap der Jeug-onderwys” genoem, amper soos die hedendaagse Abetklasse van vandag,”

“Ek kry nou eers kans om te skilder en doen sommer so bietjie decoupage ook,”

Hy sę dat hy sy materiaal vir skildery gekry het uit sy grootwordjare, want hy het groot geword in ’n ryk omgewing met half-edelgesteen­tes.

“Ek het g’n geweet dat ek eintlik kan skilder nie, maar dit was toe ek in Sub-A was, dat my onderwyser, meester Carel Johannes Ventura van Beaufort-Wes, my aangesę het om die donkie wat onder ’n koelteboom gestaan en appels vreet het, te teken. Dit was jare terug in 1940.

“Hy’t die tekening saam met hom gevat, maar daarvandaan het die skilder-gogga my gebyt.”

Meester Bock wys trots een van sy skilderye van die Groot Vyf wat hy geskilder het.

Agter by die kombuis werskaf sy vrou Grizelda met die koekpanne, want die egpaar is ook steeds besig met bakwerk vir kerkfunksies en saalversiering. Op 27 Januarie vier hulle reeds 52 jaar se getroude lewe.

“Ek wil graag my geboorteplek besoek, want dit was immers daar waar ek my begeerte om te skilder, ontdek het,” mymer hy.

Oud-leerlinge kan gerus vir Meester Bock bel by 021-862-1257 of 072-202-6749.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za