Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarliet soek Switserse statistiek

Paarliet soek Switserse statistiek
 
2008-02-07


David Joshua

“STATISTIEK en die syfers daarmee het nog altyd my belangstelling geprikkel. Daar­om gryp ek hierdie geleentheid met albei hande aan,” sê Charmell Smith (28) van Bolandpark in die Paarl.

Sy vertrek middel Februarie na Genéve in Switserland om daar aan te sluit by die Internasionale Arbeidsorganisasie ILO).

Sy gaan vir twee jaar verder studeer as geassosieerde lid van die deskundige program in Arbeidstatistiek en sal dan weer vir twee jaar kom werk in dieselfde veld by die Departement van Arbeid, dalk in Pretoria.

“Ek sien baie hierna uit want ons gaan intensiewe opleiding ontvang in arbeidsneigings en statistieke nie net in die Switserse hoofstad nie, maar in ander Europese lande soos Nederland en België ook,” borrel die jong vrou oor haar toekoms.

Charmell het voorheen gewerk by die Siyakhana opleiding van Koinonia Gemeenskapsentrum en toe weer betrokke geraak by die “Women on Farms-projek” in Franschhoek.

Sy sê dat statistieke haar nog altyd geboei het en toe president Mbeki klem laat val het op skaars vaardighede, die belangrikheid daarvan uitgelig het en wat dit vir die plaaslike ekonomie sou beteken, het dit haar aangespoor om hierna ondersoek in te stel.

Sy het by die Departement van Arbeid aansoek gedoen vir inligting oor hierdie veld en uiteindelik het hulle haar laat weet dat sy kwalifiseer om hierin verder te gaan studeer.

“Natuurlik is dit ’n aanpassing vir my en my man Nagan, wat in die Suid-Afrikaanse Polisiediens werk. Hy ondersteun my heeltemal en ek waardeer liefdevol die opoffering wat hy maak.

“Ons beoog dat hy elke kwartaal vir die eerste jaar na my toe sal pendel en die tweede jaar is dit weer my beurt. “Daar is nog nie kinders nie, maar ons het nie hierdie saak van die baan geskuif nie, net effe uitgestel,” skater sy.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za