Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Samaritaan help sy medemens

Samaritaan help sy medemens
 
2008-02-07


David Joshua

DAAR is nog barmhartige Samaritane onder ons wat hulself oor hulle medemens ontferm. So ’n ou is Johannes Stoffels, ’n bewaarder in diens by Korrektiewe Dienste se Allandale Gevangenis.

Hy het drie behoeftige kinders uit die bedieningsarea van Nederburg Primêr finansieel onder sy vlerk geneem en staan nou pa vir al hulle finansiële behoeftes by die skool.

Stoffels het geen verbintenis met die skool nie en sy twee eie dogters is alreeds groot.

Hy het ook een aangenome seun Evan, nou reeds 19, wat hy en sy vrou aangeneem het toe die knapie slegs drie weke oud was. Sy vrou is nou reeds 15 jaar oorlede

“Ek is baie lief vir kinders en hulle kan nie geblameer word vir die omstandighede waarin hulle hulself bevind nie.

“Ons weet nie wat die potensiaal van daardie behoeftige kind is nie, maar ons as volwassenes moet die kind die geleentheid gee om ten volle te ontwikkel,” het Stoffels gesê.

“Hierbenewens hoef jy nie ’n direkteur van ’n maatskappy of in die staatsdiens, óf een of ander belangrike persoon te wees om ’n kind te help nie.”

Stoffels vertel hy het aan die gesels geraak met die skoolsekretaresse, Magdalene Morrie, wat naby hom woon in Matthew- ­straat, Mountain View. Hy het haar gevra om hom te help om behoeftige enkelouers by die skool te identifiseer.

Die skool het toe self die name aan hom deurgegee en hy het die driestuks “aangeneem”.

Lindsay Goliath en Renaldo Geyser is 7 jaar oud en in graad een en twee onderskeidelik. Marcia Albertus is 8 jaar oud en in graad twee. Almal woon in die omgewing van die skool.

“Johannes Stoffels is nou reeds meer as twee jaar so by die skool betrokke en verlede jaar het hy ook een kind gehelp. Nou het hy vierstuks onder sy vlerk,” het skoolhoof Edward Daniels gesê.

“Hy is voorwaar ’n Barmhartige Samaritaan en die skool en die ouers sê baie dankie aan hom. Dink net hoe ver kan ons kom met meer sulke mense soos hy.”

“Ek daag enigeen uit om dieselfde te doen solank as wat dit binne sy vermoë is. Uiteindelik is dit tot voordeel van ons kinders, want hulle is die toekoms,” het Stoffels gesê.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za