Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pam sluit na halfeeu haar deure

Pam sluit na halfeeu haar deure
 
2008-02-14


’n ERA van byna ’n halwe eeu in die kleinhandelgeskiedenis van die Paarl word afgesluit wanneer een van die dorp se oudste gesinsondernemings op 29 Februarie sy deure op Jan Phillipsplein in die middedorp sluit.

Norval Louw was sedert 1961 aan die stuur van die modewinkel Pam Fashions, alombekend as Pams, totdat hy sewe jaar gelede op 77 oorlede is.

Daarna is die onderneming deur sy seun, Wynand, wat hom in 1989 by Pams aangesluit het, voortgesit. Volgens Louw jnr is daar onderhandel dat die Pam-han- delsnaam in die Paarl sal bly voortbestaan.

Dit sal in kombinasie wees met die naam van ’n nuwe modewinkel, Claret, wat eersdaags in Suider-Paarl geopen word deur Marian Clift, eweneens verbonde aan ’n ander lankgevestigde familie-onderneming in die Paarl, WJ Clift & Seuns.

Louw jnr sal voortaan sy tyd wy aan die herlewing van Die Hoogte, sy oupa, die pionier-argitek WH Louw, se historiese woning oorkant die KWV-hoofkantoor in Hoofstraat, Suider-Paarl.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za